Talana sê: "In 2019 wil ek meer koffie drink en myself minder bekommer oor ander se opinies."
- Talana
- Dec 31, 2018
- 3 min read

2018 Was 'n rowwe jaar vir baie van ons. Daar was soveel struikelblokke wat my regtig soms amper laat moed opgee het. Daar was mense wat my seer gemaak het, en familie wat my geiriteer het. Daar was kere waar ek oorsee wou vlug en kere waar ek net hier wou bly. Die musiekbedryf het ook sy tol geëis met baie veranderinge en emosies. Maar, hier is ek.. aan die einde van dit als en reg voor die lyn waar die wedloop van 2019 gaan begin.. gereed om die nuwe journey wat nou op my wag aan te pak.
Ek het baie dinge ervaar en gesien afspeel hierdie jaar. Baie van dit was goed en van dit was sleg. Ek het ook in ander se seer gedeel en gesien hoe mensdom homself soms kan wan gedra. Ek het in die vier mure van my 'sactuary' al baie dinge bereik op 'n kreatiewe vlak. Ek het hierdie jaar getrou met my beste maatjie en ek het goeie nuus gekry! My lysie gaan aan en aan.
In 2019 wil ek meer koffie drink en myself minder bekommer oor ander se opinies. Ek het hierdie jaar te veel opinies en insae in my lewe gehad wat ek self toegelaat het. Dit het my lewe nie so rooskleurig gelaat nie en my selfvertroue so klein bietjie gedemp. Ek wil myself meer kan express sodat mense nie tussen die lyne hoef te lees oor hoe ek voel nie. En glo my, dis soms 'n groot uitdaging om net te kan sê hoe jy voel. Hierdie jaar wil ek sterker in my lewe, loopbaan en geloof wees en myself meer omring met positiewe, opregte en lojale mense. Daar is SOVEEEEEEL opwindende dinge wat op my wag, ek wens ek kon alles sommer nou al met almal deel!
In 2018 het ek gesien hoe mense oordeel, neerkyk, vergelyk en mekaar weg smyt. Baie van dit het my oë oopgemaak en laat besef dat ek van kringe moet verander en van sekere gesprekke moet wegbly, anders word ek dalk net ingesluk. Soms het dit vir my gevoel ek word gekruisig oor ek sekere reëls het en myself van sekere situasies verwyder. Maar ek het besluit om my hart net skoon te maak en nie meer so baie te worry oor wat ander dink van my nie. Ek gaan nie meer skuldig voel as ek nee sê nie, of by my reëls wil hou nie. Ek gaan nie skuldig voel oor ek dalk 'n strenger aanslag tot sekere dinge het nie, want ek weeg dit altyd op om seker te maak dit is regverdig. In 2019 wil ek regtig meer koffie drink.. ek bedoel.. meer koffie dates met myself hê. Myself weer bietjie GOED leer ken en saam werk aan goals en drome en dinge wat voorlê. 2019 Is MY jaar. My jaar waarin ek bietjie meer selfsugtig gaan wees en op myself en slegs my gesin en loopbaan gaan fokus en op wat die belangrikste vir my en ons is. Hierdie jaar, het ek my staal been aan.. ek gaan deure oop skop!! En ek gaan dinge maak happen vir MYSELF!
Elke jaar groei mens en leer jy baie baie baie nuwe dinge. Ons moet dit net implementeer en aanhou groei. Ons klim die leertjie en eventually kom ons bo uit met wysheid en insig in die sak.. Dan is ons reg vir sukses!
Ek sien uit na 2019! Ek hoop jy ook?
Deel met my jou 2019 drome, jou 2018 hoogtepunte en wat jy geleer het.
Liefde
Talana
Los gerus vir my kommentaar hier onder en gesels lekker saam! Wat wil JY verander in 2019?