Ek het besef ek moet stil raak om te kan hoor...
- Talana
- Jan 4, 2021
- 2 min read

My hart huil vanaand so erg soos wat ek besig is om my liefste oom Hein se begrafnis briefie te skryf na sy afsterwe 2 dae terug.
Covid het al baie lank op my senuwees gewerk, maar hy het my kind off gebreek met hierdie ding.. Ek voel so moedeloos en weerloos, asof ek skaars kan asem haal want ek kan nie sien wat môre vir my inhou nie..
Ek het sopas gelees: "No one can live only on food. People need every word that God has spoken". Dan lees ek dit weer en weer. Ek besef dat ons so baie dinge sê en net in survival mode in gaan, maar nie elke woord wat God spreek hoor nie. Dan vra ek myself: " Wat is dit dan wat God sê met hierdie hele storie?" Dan is dit vir 'n hele ruk dood stil en ek kan nie eers dink nie so stil is dit... Ek vra weer die vraag maar al wat ek kry is doodse stilte. Dan hoor ek dit... DUIDELIK... Stilte... Ja dit is wat ons moet toepas, om stil te word voor GOD sodat ons Sy elke woord kan hoor wat Hy spreek, want soos ons nou aangaan hoor ons sweet blue bogger-all... Ek herhinner nou heeltyd myself terwyl ek hier sit: "In plaas van God die heeltyd in die rede val met al jou 'hoekoms en waaroms', kan jy regtig net shut up en stil raak dan sal jy hoor Talana..."
Ai julle, ons sal hier deur kom.. Ek dink heeltyd aan Job en hoe hy sy geloof behou het deur al die sleg wat hy ervaar het... Dan het ek hoop.. God sal ons nie los nie, ek weet dit.. Ek en jy moet net leer om dit te hoor, want Hy sê dit gereeld vir ons is Sy woord..
As jy dalk mismoedig is vanaand en voel soos Job, herhinner jouself aan sy storie en hoe God hom nooit gelos het nie al het hy baie swaar gekry. Mag jy vanaand stil raak waar jy sit en luister na God se woord. Dit sal jou voedsel word en jou deur hierdie uitdagende tye dra.
Ek dink aan almal van julle. Asb wees veilig en wees lief. Ons tyd is so min en kosbaar. Maak elke oomblik tel en leef asof dit jou laaste is.
Liefde, Ekke..
xoxo
Comments