PERSVERKLARING: Nuwe dinge wag op my!
- Talana
- Feb 19, 2019
- 3 min read

PERSVERKLARING
vir onmiddelike uitreiking
19 Februarie 2019 Talana, sangeres, Motiveringspreker en ook nou besigheidsvrou en fotograaf het 'n aankondiging gemaak dat sy haar vlerke gaan sprei en haar fokus bietjie gaan verskuif.
“Ek was 10 jaar deel van 'n ongelooflike journey. Ek het met elke liewe seisoen van my loopbaan so onsaglik baie dinge geleer en dank die Here vir elke geleentheid wat op my pad gestuur was tot dusver.
Ek het nou 'n baie nuwe en opwindende seisoen in my lewe asook my loopbaan bereik en dus moes ek baie besluite neem.
Ek is tans amper 5 Maande swanger met my eersteling en my prioriteite het verskuif. My gesin was nog altyd my eerste prioriteit en nou moes ek besluite neem op grond van wat vir ons die beste sal wees.
Ek is baie dankbaar vir die musiek bedryf en sal altyd die goeie tye, shows en toere onthou en sal steeds oop wees om te show wanneer 'n geleentheid oor my pad kom, maar vir nou skuif ek voltyds agter die skerms in as werknemer by die events en bestuursmaatskappy, CO CREATIVE CONCERTS. Ek gaan voltyds saam met Eduard Hugo – eienaar van Co Creative Concerts- werk aan baie groot en lekker projekte wat baie van my tyd gaan op neem. Ek sal self by sekere feeste en events die werk gaan doen wanneer my dogtertjie gebore is en kan saam travel, maar ek gaan dit van agter die skerms doen. En dalk sing ek so bietjie by die feeste ook, maar vir nou leef ek 'n nuwe droom uit en leer ek ook om anders te dink en meer die besigheids kant van die musiekbedryf te betree.
Boonop het ek laas jaar ook 'n fotografie maatskappy begin wat in 2019 lekker vlam gevat het en op hierdie stadium vir my baie goed begin doen.
Ek gaan eerlik wees as ek sê ek het al harde bene in hierdie bedryf gekou en dat ek baie kere al wou uitklim, veral laas jaar toe ek ingelig was dat my distribution maatskappy (WOW Distribution) sy deure toe maak en dat al my albums vanuit die winkels onttrek word. Dit was vir my aaklig, want derduisende rande was in daardie album gesit en toe het ek skielik nie meer 'n distribution maatskappy nie. Die musiekbedryf kry tans baie swaar en sing kan absoluut nie meer 'n hoof bron van inkomste wees nie.
Die ekonomie laat dit nie toe nie. Al wil ek HOE graag elke liewe dag NET sing en toer, is dit regtig nie moontlik of winsgewend nie om net dit alleen te doen nie en moet ek nog iets by dit doen om 'n lewe te kan maak.
Dit is vir my swaar en hartseer om my fokus bietjie te moet verskuif, maar ek gaan verseker NIE ophou sing nie. My sosiale media platvorms gaan steeds daar wees en ek sal liedjies en covers daar plaas wat my passie aan die gang sal hou en sal altyd steeds by shows wil optree waar geleenthede is en dalk eendag as dit die Here se wil is en die tyd reg is sal ek als weer volstoom kan hervat, en 'n nuwe album of twee kan uitreik, maar vir nou sien ek vreeslik uit na die toekoms en die pad vorentoe.
Ek wil julle elkeen uit die diepte van my hart bedank vir 10 Jaar se ondersteuning, liefde en toewyding tot my musiek en loopbaan! Sonder julle wat shows book en kaartjies koop en cds koop en my page like sou ek dit nie kon doen nie! DANKIE!!
Julle sal steeds in my nuwe journey kan deel op al my sosiale platvorms. Dit sal lekker wees om my nuwe lewe en uitdagings steeds met julle te kan deel asook my musiek!
Till the next door opens xx
Comments